OwlTail

Cover image of Podlitiek

Podlitiek

Podlitiek is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en belangrike kwessies vanuit 'n klassieke liberale invalshoek benader, bedink en bespreek.Die Podlitiek is beskikbaar op alle goeie potgooi toeps asook Spreaker & YouTube.Met trots aan u gebring deur Podmedia.

Weekly hand curated podcast episodes for learning

Popular episodes

All episodes

The best episodes ranked using user listens.

Podcast cover

Ep. 67 - Eskom gaan bly, Afrikaans by Maties gly & Guptas moet VSA vermy

Soos Pretoria in Jakaranda-bloeisels bedek word, gee die Podlitiek-span ‘n blikkie oor ‘n ander tipe pers, wanneer hulle hierdie week se nuus stories oorweeg, bespreek, en analiseer. Vandag kom die Konstitusionele Hof se uitsprake oor taal aan die Universiteit van Stellenbosch ter sprake, sowel as President Cyril Ramaphosa se ommekeer oor Eskom. Daar word ook vlugtig gekyk na die VSA se besluit om die Gupta-broers te swartlys, en die rol wat die internasionale sektor in hedenaagse politiek speel.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op Spotify ►https://tinyurl.com/y6mfuc5fPodlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek se webtuiste ► www.podmedia.org.za/podlitiek

33mins

15 Oct 2019

Rank #1

Podcast cover

Onderhoudreeks Ep. 14 - Steve Hofmeyr

In die ateljee het Podlitiek in hierdie onderhoudepisode vir Steve Hofmeyr. Tydens die gesprek gesels die span met Steve oor sensuur op sosiale- en hoofstroom media, sy persoonlike politieke ontwikkeling asook emigrasie.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► www.podmedia.org.za/podlitiek

33mins

14 Jun 2019

Rank #2

Similar Podcasts

Podcast cover

Ep. 65 - Steinhoff-kar laat Mmusi bloos & Tito wil die ekonomie troos.

Die Podlitiek-span oorweeg hierdie week om hul besigheidsbedrywighede uit te brei na industriële krag handeseep toe - juis omdat daar werklik geen skoon hande in die Suid-Afrikaanse politiek oor is nie.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op Spotify ►https://tinyurl.com/y6mfuc5fPodlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek se webtuiste ► www.podmedia.org.za/podlitiek

25mins

3 Oct 2019

Rank #3

Podcast cover

Spesiale Episode 6 - 2019 'n Jaar in Oënskou

In hierdie uurlange episode kyk Podlitiek se vier aanbieders terug op 2019 en die vier grootste nuusstories van die jaar. Die span bespreek die 2019 verkiesing en die uitval wat gevolg het, Suid-Afrikaanse staatsinstellings wat sukkelend aan die lewe bly en die grootste hofsake wat die reg tot vryheid van spraak die jaar verander en ontwikkel het.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie!Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op Spotify ►https://tinyurl.com/y6mfuc5fPodlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podl...Podlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek se webtuiste ► https://www.podmedia.org.za/podlitiek

1hr 4mins

17 Dec 2019

Rank #4

Most Popular Podcasts

Podcast cover

Spesiale Episode 7 - Kersepisode 2019

Die vier manne van Podlitiek het vir oulaas in 2019 bymekaar gekom om ‘n lekker informele uurlange spesiale episode vir jou te bring. Met ‘n glas wyn in die hand en ‘n vuurtjie wat buite knetter gesels Paul, Hermann, Ernst en Daniël oor sosiale media, Trump, identiteitspolitiek en nog soveel meer. Die uur gesprek gee vir die vier vegters vir vryheid die geleentheid om dieper te delf in die onderwerpe in.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie!Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op Spotify ►https://tinyurl.com/y6mfuc5fPodlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podl...Podlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek se webtuiste ► https://www.podmedia.org.za/podlitiek

1hr

20 Dec 2019

Rank #5

Podcast cover

Ep. 35 - Volg ons Venezuela beleid, Kwotas verwyt, Rommel rond gesmyt

Soos EFF-geaffilieerde studente op Kovsies die rommel stuk vir stuk uit die asblik haal en op die vloer strooi, bring die Podlitiek-span hierdie week Suid-Afrika se nasionale skandale een vir een na vore. Hierdie week bespreek hulle Ace Magashule en sy delegasie se besoek aan die beleërde Venezuela, die belaglikhede wat kop uitsteek rakende sportkwotas, en Eckhard Binding, die Kovsie wat die rommel stukkie vir stukkie weer terug in die asblik gegooi het.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► podlitiek.podmedia.org.za

26mins

6 Mar 2019

Rank #6

Podcast cover

Ep. 58 - NGV kort salf, Cyril help homself & Ramaphosa se jaar en 'n half

Hierdie week is dit agttien maande sedert Cyril Ramaphosa ingehuldig is as president. Tydens hierdie episode word daar gekyk na Ramaphosa se presidensie en waar hy misluk het en twee spesifieke gevalle waar hy goeie aanstellings gemaak het. Daar word ook gefokus op die betogings in Hong Kong en wat dit in die breër geo-politieke vir die wêreld beteken.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op Spotify ►https://tinyurl.com/y6mfuc5fPodlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek se webtuiste ► www.podmedia.org.za/podlitiek

28mins

13 Aug 2019

Rank #7

Podcast cover

Ep. 50 - Zindzi Twitter Tirade, Privaatsekuriteitsdade & Magashule Se Skade

Soos wat faksionalisme binne in die ANC woed en elke groepie sy plekkie na afloop van die nasionale verkiesing probeer vind, bring Podlitiek ‘n vars perspektief op die nuutste plaaslike en internasionale politieke sake. Hierdie week kyk Daniël, Ernst en Paul oudergewoonte na die stories wat hulle oog gevang het, en pak dit vir die luisteraar uit.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op Spotify ►https://tinyurl.com/y6mfuc5fPodlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek se webtuiste ► www.podmedia.org.za/podlitiek

28mins

19 Jun 2019

Rank #8

Podcast cover

Onderhoudreeks Ep. 10 - Hercules Boshoff & Rudi van Rensburg (Chairefoon Inisiatief)

In hierdie episode van Podlitiek se onderhoudreeks gesels Paul Maritz en Daniel du Plessis met Hercules Boshoff en Hans Pretorius van die Chairefoon Inisiatief. Die Chairefoon Inisiatief is 'n organisasie wat hom beywer vir filosofie en filosofiese ontwikkeling in Afrikaans.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek se webtuiste ► www.podlitiek.orgPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/ch/1488554Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ►https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/Podlitiek

30mins

1 Feb 2019

Rank #9

Podcast cover

Ep. 32 - Eskom oorlaai, Ramaphosa probeer paai & DA sê skynbaar vir BEE koebaai

Terwyl die land stoei met beurtkrag kom Podlitiek om jou week op te helder. In hierdie week se episode plaas ons die kollig op die groot probleme by Eskom, Ramaphosa se planne om staatsdepartement en provinsies te verminder asook die DA wat terselfde tyd BEE as beleid groet maar ook nie rerig nie.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► podlitiek.podmedia.org.za

25mins

13 Feb 2019

Rank #10

Podcast cover

Ep. 77 - Dertig jaar na FW praat, Maimane en Steenhuisen is vir mekaar kwaad.

Met die Corona-virus wat die internasionale, en toenemend die Nasionale nuusmedia oorheers, oorweeg Podlitiek die stories wat moontlik nie heel bo op die nuusradar is nie. Hulle kyk na Mmusi Maimane, wat vir John Steenhuisen as “Judas” beskryf, asook heo FW de Klerk se bekende toespraak van 2 Februarie 1990 onthou word na dertig jaar, en bespreek die dood van Neill Aggett, en hoe jongmense met ons land se geskiedenis moet omgaan.

27mins

5 Feb 2020

Rank #11

Podcast cover

Ep. 57 - Openbare beskermer pleit, Grondverslag bring verwyt, nog VSA skietterye

Die Amerikaanse outeur Simon Sinek het eenkeer gesê dat meer inligting onder alle omstandighede beter is as minder inligting - juis om die rede van meer inligting, en beter begrip van die beskikbare inligting, is Podlitiek ‘n bietjie meer as ‘n jaar gelede op die been gebring. Hier word braaivleisgesprekke oor die land, sy nuus, en sy politiek maklik en lekker gemaak, met vier jong stemme wat saamstem en verskil oor alles en nog wat.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op Spotify ►https://tinyurl.com/y6mfuc5fPodlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek se webtuiste ► www.podmedia.org.za/podlitiek

30mins

7 Aug 2019

Rank #12

Podcast cover

Spesiale Episode 5 - Staat 'SONA' Rede

Die Podlitiek-span se nuutste episode handel oor die Staatsrede. Hoewel die EFF bietjie te rustig was vir Suid-Afrikaanse politieke smaak, is die span self geensins bedees nie. In ‘n vermaaklike halfuur bespreek hulle Ramaphosa se vyf punt plan, Eskom se ontbondeling, die NGV en Brulpadda-gas.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ►https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► www.podlitiek.org

27mins

8 Feb 2019

Rank #13

Podcast cover

Ep. 74 - ANC vier fraai, Grondstryd woed kwaai & Onderwyslawaai

Podlitiek is terug met hulle eerste episode van 2020! Die span kyk tydens hierdie episode na die grootste nuus van die nuwe jaar, alles van ANC verjaarsdagkoek tot die groot ontwikkelings in die Midde-Ooste die afgelope twee weke.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie!Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op Spotify ►https://tinyurl.com/y6mfuc5fPodlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podl...Podlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek se webtuiste ► https://www.podmedia.org.za/podlitiek

32mins

15 Jan 2020

Rank #14

Podcast cover

Ep. 63 - Lesufi teen Afrikaans, Malema laat Twitter dans & Misdadigers vat steeds kans

In hierdie week se episode kyk Paul Maritz, Ernst van Zyl en Daniël Eloff na Mnr Panyaza Lesufi standpunt oor privaat onderwys instansies, Julius Malema se nuutste sosiale media oproer asook die nuutste misdaadsyfers in Suid-Afrika.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op Spotify ►https://tinyurl.com/y6mfuc5fPodlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek se webtuiste ► www.podmedia.org.za/podlitiek

22mins

18 Sep 2019

Rank #15

Podcast cover

Ep. 44 - Wat jy van die verkiesing moet weet & die SA regering laat AirBNB sweet

In vandag se episode van Podlitiek kyk Daniël Eloff, Ernst van Zyl en Paul Maritz oudergewoonte onder die vergrootglas na Suid-Afrikaanse nuus en politiek, midde in die stemdag en -tellery wat tans ons nuussiklus oorheers.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► podlitiek.podmedia.org.za

28mins

10 May 2019

Rank #16

Podcast cover

Ep. 42 - 25 jaar na apartheid, wat nou? Plaasmoorde se grou. EFF van nader beskou.

Met die nasionale verkiesing 'n katspoegie weg, oorweeg die Podlitiek-span ten eerste wat ons as land alles bereik het sedert 1994 - en hoe die ANC sy beloftes van 25 jaar terug gehou het, al dan nie. Die nuus van 'n drastiese toename in plaasmoorde en -aanvalle oor die paasnaweek, en die regering se apatie daar teenoor word bespreek, en die EFF word ondersoek in hierdie week se poltieke X-strale segment.

31mins

24 Apr 2019

Rank #17

Podcast cover

Onderhoudreeks Ep. 9 - Gerhard de Beer (Green Bay Packers)

In die eerste onderhoudepisode van 2019 het Paul Maritz en Daniël Eloff vir Gerhard de Beer saam met hulle in die ateljee. De Beer is ‘n professionele Amerikaanse voetbal speler vir die Green Bay Packers.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek se webtuiste ► www.podlitiek.orgPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/ch/1488554Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ►https://www.youtube.com/c/Podlitiek

29mins

28 Jan 2019

Rank #18

Podcast cover

Ep. 83 - Covid-19 is hier & EFF en ANC plesier

Suid-Afrika, en bykans die hele wêreld, so kom dit voor, is in selfkwartentyn, self-isolasie, of in een of ander vorm van afsondering. Juis in sulke tye bring Podlitiek die feite, met hul eie unieke kommentaar en sienings op huidige gebeure.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie!Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op Spotify ►https://tinyurl.com/y6mfuc5fPodlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek se webtuiste ► https://www.podmedia.org.za/podlitiek

24mins

18 Mar 2020

Rank #19

Podcast cover

Ep. 47 - Die inhuldiging is lank, Zuma en die regsbank & Moakes bedank

Na afloop van die inhuldiging van President Cyril Ramaphosa keer die Suid-Afrikaanse politieke siklus weer terug na sy ou normaal. Hierdie week ondersoek diePodlitiek-span van Ernst, Paul en Daniël juis hierdie inhuldiging, en ‘n paar andergebeure wat die afgelope week se nuus gedomineer het.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► www.podmedia.org.za/podlitiek

27mins

29 May 2019

Rank #20